Skip to content

Buitemuurs

'n Gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees.



Sport

Sport Organiseerders


Raymond Piek

Atletiek | Jukskei |

Epos Raymond

Johan Kotze

Bulletjie Rugby | Rugby |

Epos Johan

Pieter van Zyl

Gholf | KFC Mini Krieket |

Epos Pieter

Charmonix van der Westhuizen

Hokkie |

Epos Charmonix

Marinda Quinn

Landloop |

Epos Marinda

Lilani Pieterse

Netbal |

Epos Lilani

Estee Viljoen

Sagtebal |

Epos Estee

Brenda Engelbrecht

Skaak |

Epos Brenda

Amelia Otto

Sokker |

Epos Amelia

Monique du Plessis

Tennis |

Epos Monique

Sport Inligting


Atletiek


Ouderdomme
  • Dogters en Seuns van O/7 tot O/13.

Oefening
  • Kwartaal 1 en 4
  • Oefentye kan wissel vir die verskillende
    ouderdomme, maar is gewoonlik op Maandae,
    Dinsdae en Donderdae van 14:15 – 15:30 op die
    atletiekveld.

Byeenkomste
  • Atletiekbyeenkomste vind gewoonlik op Dinsdae en Donderdae aande plaas.

Kleredrag
  • Vrydagkortbroek en Atletiekfrokkie.

Prestasies

Huissport

  • Junior Victrix Lodorum:  Khanyi Ntuli    
    Junior Victor Lodorum: Rohan Louw
    Senior Victrix Lodorum: Mia Botha
    Senior Victor Lodorum: Kyle Engelbrecht


Cluster

  • 30 atlete in 43 items.


Distrikspan

  • 21 van ons atlete is gekies


Gauteng-Noord kampioenskap

  • Al 21 atlete het gaan deelneem.


Suid Afrikaanse kampioenskappe

  • 4 Atlete neem deel.
    Ashlee Jordaan en Junior Bokwa het ons verteenwoordig in 1 200 m,
    Kyle Engelbrecht in hoogspring en Deacon du Preez in gewigstoot.
    Deacon du Preez was SA kampioen in gewigstoot en Kyle Engelbrecht
    in hoogspring.

Bulletjie Rugby


Ouderdomme
  • Seuns 0/5 tot 0/8

Oefening
  • Oefeninge begin in die eerste kwartaal na die atletiek. Dinsdae en Donderdae aande van 18:00 – 19:00 op die rugbyveld.

Wedstryde
  • Wedstryde word op Saterdae gespeel in die tweede kwartaal.

Kleredrag
  • Rugby hemp en swart kortbroek.

Gholf


Ouderdomme
  • Seuns en Dogters 0/9 tot 0/13.

Oefening
  • Maandae deur die jaar.

Kleredrag
  • Vrydaghemp met langbroek.

Prestasies

Die volgende leerders het goed presteer:

  • Leigh Loots
  • Rowan Sweetnam
  • Hendrew Schoeman

Hokkie


Ouderdomme
  • Dogters Graad 1 tot 7.

Oefening
  • Oefeninge begin in die tweede kwartaal sodra die netbal klaar is. Oefeninge en wedstryde vind plaas in die derde kwartaal. Die oefentye van die verskillende ouderdomme verskil. Oefendae is op Dinsdae en Donderdae.

Kleredrag
  • Vrydagdraghemp met netbalromp en hokkiekouse.

Landloop


Ouderdomme
  • Dogters en seuns vanaf 0/7 tot 0/13.

Oefening
  • Gratis afrigting is beskikbaar regdeur die jaar by ‘n professionele afrigter. 
  • Wessel du Toit. 079 544 1398

Kleredrag
  • Atletiekfrokkie en Vrydagdrag kortbroek.

Prestasies

Ons atlete het aan drie ligabyeenkomste, die Gauteng-Noord Kampioenskappe asook die Distrikte byeenkoms deelgeneem. Twintig atlete het deelgeneem.  

Gauteng-Noord Landloopspan:

  • Lenei Conradie (O/7), Leandri Botha (0/9), Kaylen Niemann (O/9), Junior Bokwa (O/10), Hendrew Schoeman (O/10), Altje Conradie (O/10), Ashlee Jordaan(O/10), Me. Hettie Smith, Me. Elzet Maritz en Me. Adri van Dyk.

Suid-Afrikaanse Kampioenskappe:

  • Kaylen Niemann (O/9) vierde, Leandri Botha  (O/9) tiende, Ashlee Jordaan(O/10) agtste en Junior Bokwa (O/10) vierde. Junior en Kaylen het albei goue medaljes verower, aangesien hul Gauteng span in hul ouderdomsgroep die beste gevaar het by die SA kampioenskappe. Junior Bokwa O/10, aan die Nasionale Kampioenskappe in Kimberley deelgeneem.

KFC Mini Krieket


Ouderdomme
  • Seuns O/5 tot O/8.

Oefening

Oefeninge begin in die tweede kwartaal na die rugby ligas eindig. Dinsdae en Donderdae aande van 18:00 – 19:00 op die rugbyveld.


Wedstryde
  • Wedstryde word op Saterdae gespeel in die derde kwartaal.

Kleredrag
  • Kriekethemp en swart kortbroek.

Netbal


Ouderdomme
  • Dogters Graad 1 tot 7.

Oefening
  • Oefeninge begin in die eerste kwartaal na die atletiek. Oefentye kan wissel vir die verskillende ouderdomme, maar is gewoonlik op Dinsdae en Donderdae van 14:15 - 15:30 op die netbalvelde.

Kleredrag
  • Vrydagdraghemp met netbalromp. Wit sportkouse (Vrydagdragkouse) en tekkies.

Prestasies

Die volgende dogters is opgeneem in die D15-span waar hul verder gaan uitspeel het by Tshwane:

  • 13jaar: Timoné Manders, Paula Blondelle Bangue Bangue Elombo.
  • 12jaar: Yedidya Bangue Bangue Elombo, Awa Shange, Marang Muthopi, Samantha Jansen van Rensburg, Taryn Hayes en Megan Hulme. 


  • Awa Shange en Marang Muthopi is opgeneem in die “GSS squad” (Provinsiale span).
  • Die seisoen lewer sewe ligawenners, vyf naaswenners en drie spanne wat naaswenners is by die Distrikskampioenskappe naamlik O/11 en O/13 A.

Rugby


Ouderdomme
  • Seuns O/9 tot O/13.

Oefening
  • Oefeninge begin in die eerste kwartaal na die atletiek. Oefentye kan wissel vir die verskillende ouderdomme, maar is gewoonlik op Maandae, Dinsdae en Donderdae van 14:15 - 15:30 (O/9 en O/10) en 15:30 - 16:45 (O/11 en O/13) op die rugbyveld.

Kleredrag
  • Rugbytrui en groen kortbroek.
  • Eerstespan speel met wit kortbroek.

Prestasies

Die jaarlikse Aandreeks is in Maart gehou met meer as 14 skole wat ons kom ondersteun het. Dit was die grootste rugby toernooi wat tot dusver deur 'n laerskool aangebied is. 

Ons eerste-en tweedespan was gedurende Maart op toer na Rustenburg.  Albei spanne was naaswenners. Ons O/9s en O/10s het aan die Prestige Laerskool toernooi te Rooihuiskraal deelgeneem en baie goed gevaar. 

Vir die eerste keer het ons O/10's aan 'n toer deelgeneem by hoërskool Menlopark en as toernooi wenners uit die stryd getree. Die O/11 span het ook deelgeneem en baie goed presteer. 

Ons spanne het baie goed gevaar in die liga. Die O/9’s was derde in die liga, die O/10’s was ligawenners, die O/11’s was vierde en die tweedes en eerstes derde. Die O/10 span het vir die tweede agtereenvolgende jaar deurgedring na die Stadsbeker semi-finale. 

Ons het drie Blou Bulspelers opgelewer. Siya Nyandeni is gekies vir die O/12 XV span en Wilan Bronkhorst en Deacon du Preez vir die O/13 Craven week span.

Wilan Bronkhorst en Deacon du Preez is ook gekies vir die Bloubul Sewes span.


Sagtebal


Ouderdomme
  • Dogters en seuns vanaf 0/9 tot 0/13.

Oefening
  • Oefening begin in die tweede kwartaal na die netball en rugby ligas eindig. Oefentye kan wissel vir die verskillende ouderdomme, maar is gewoonlik op Dinsdae en Donderdae van 14:15 tot 16:45.

Kleredrag
  • Kleredrag: Vrydagdraghemp met sagtebalbroek en sagtebalkouse. Eerstespan se klere kan ook geborg word.

Prestasies

Liga uitslae dogters:

  • 10jr - 4 uit 6 gewen, 1 gelykop. Naaswenners in liga.
  • 11jr - 3 uit 6 gewen.
  • 12 jr - 5 uit 6 gewen. Ligawenners
  • 13 jr - 5 uit 7 gewen.

Uitslae seuns:

  • 10jr - 3 uit 6 gewen.
  • 11jr - 4 uit 9 gewen.
  • 12jr - 4 uit 6 gewen, 1 gelykop. Naaswenners in liga.
  • 13jr - 8 uit 8 gewen. Ligawenners. Tshwanewenners. Gautengwenners.

Tien spelers is gekies vir die provinsiale span:

  • Tshepang Mamabolo, Lourens du Plessis, Gift Malekane, Owen Kühn, Davide Schimock, Rea Serobatse, Anmari Malan, Timoné Manders, Megan Hulmeen Awa Shange.

Skaak


Ouderdomme
  • Dogters en seuns vanaf 0/7 tot 0/13.

Oefening
  • Oefening begin in die eerste kwartaal.
  • Oefentye is op Woensdae van 14:00 tot 15:00.

Kleredrag
  • Skooldrag.

Prestasies
  • Drie van Danie Malan se spelers is gekies vir die Distrikspan.
  • Hulle het gaan deelneem aan die Gauteng Kampioenskappe.

Sokker


Ouderdomme
  • Seuns 0/10 tot 0/13.

Oefening
  • Oefening begin in die eerste kwartaal na die atletiek. Oefentye kan wissel vir die verskillende ouderdomme, maar is gewoonlik op Maandae, Woensdae en Vrydae van 14:15 tot 15:30 op van Riebeeck park se velde.

Kleredrag
  • Vrydagdragkortbroek en hemp met hokkiekouse en tekkies of toks.

Prestasies
  • U/11 en U/13 het baie goed gevaar. Hul het tweede in hul liga geëindig.

Tennis


Ouderdomme
  • Dogters en seuns vanaf 0/9 tot 0/13.

Oefening
  • Geen Uitklopwedstryde word voor die aanvang van die liga-reeks gespeel.

Kleredrag
  • Kleredrag: Vrydagdraghemp en kortbroek.

Jukskei


Ouderdomme
  • Alle ouderdomme welkom.
  • Slegs 0/11 en 0/13 ligaspanne.

Oefening
  • Oefeninge begin aan die einde van die tweede kwartaal.
  • Maandae en Woensdae 14:15 – 16:45.

Wedstryde
  • Wedstryde word op Saterdae gespeel in die derde kwartaal.

Kleredrag
  • Vrydagdrag.


Kultuur

Kultuur Organiseerders


Anita Duursema

Koor |

Epos Anita

Stefanie Matthee

Redenaars | Voordrag, Sang & Kuns |

Epos Stefanie

Megan Barnard

Revue |

Epos Megan

Elze Taylor

Revue |

Epos Elze

Lauren Venter

Revue |

Epos Lauren

Desire van Niekerk

Revue |

Epos Desire

Kultuur Inligting


Koor


Ouderdomme
  • Seuns en Dogters Graad 4 - 7

Oefening
  • Vind elke tweede jaar plaas.
  • Die Koor oefen op Maandae vanaf 14:00 tot 15:30 regdeur die jaar in die saal.

Kleredrag
  • Seuns: Skoolhemp, grys langbroek en blazer.
  • Dogters: Skoolromp, hemp en blazer.

Optredes
  • Kunswedstryd.
  • Hul tree jaarliks op by die Staatsteater.

Redenaars


Ouderdomme
  • Graad 1 - 7 Dogters en seuns.

Oefening
  • Geen afrigting.
  • Eerste kwartaal: Klasuitdunne 
    • 5 finaliste per graad. 
    • Hul neem deel aan die Interne Redenaarsaande.
    • Graadwenners word geїdentifiseer asook die leerlinge wat

      by die ATKV gaan deelneem.


Byeenkomste
  • Interne Redenaarsaande – Kwartaal 1
  • ATKV – Kwartaal 2
  • Radikale Redenaars – Kwartaal 3
  • Noord van die Berg – Kwartaal 4

Kleredrag
  • Skooldrag

Prestasies

ATKV Redenaars:

  • André Haarhoff, Nadia Prinsloo en Wian van der Merwe is deur na die Semi-finale van die ATKV Redenaars.

Kans!vatter Redenaars finaal:

  • Graad 2: Eduard du Plessis, Mia Rynners, Vanrique Hanneman
  • Graad 3: Cheyenne Pieterse, Joshua du Bruto
  • Graad 4: Wian van der Merwe, Tristan Tintinger
  • Graad 6: Owen Kühn

Radikale Redenaars:

Die volgende leerders behaal puik prestasies by die Radikale Redenaars:

  • Eduard du Plessis A++, Owen Kühn: Afrikaans A++, Engels A++ en Tweetalig A+.
  • Joshua de Bruto dring deur na die finaal en behaal in Afrikaans ʼn vierde plek met A++.

Op die tong af:

  • Vier leerders neem deel naamlik Owen Kühn (A) Mia Rynners (A) Eduard du Plessis (A) en Paule Blondelle Bangue Bangue Elombo.

Noorderkruin kunstefees:

  • Maruché Smith behaal ‘n A++ en Owen Kühn ‘n A+.

Revue


Ouderdomme
  • Junior Revue: Graad 2 tot 4 leerlinge.
  • Senior Revue: Graad 5 tot 7 leerlinge.

Oefening
  • Vind elke tweede jaar plaas.
  • Junior Revue: Woensdae 14:15 tot 16:00
  • Senior Revue: Woensdae 16:00 tot 18:00

Kleredrag
  • Oefening: Hemp (Revue hemp) en "leggings" (geen skoene).
  • Optredes: Revue Kostuum.

Optredes
  • Hulle neem deel aan die Revue-aande en die Kunswedstryde. Hulle tree jaarliks op by die Staatsteater.

Voordrag, Sang & Kuns


Ouderdomme
  • Dogters en seuns vanaf 0/7tot 0/13.

Oefening
  • Verskillende oefentye.

Kleredrag
  • Skooldrag.

Prestasies

Eisteddfod: 

  • 3 x A, 35 x A+, 40 x A++, 5 x afdelingswenners, 11 medaljes, trofee vir Bester Gr 7 leerder by Sang en trofee vir Beste laerskool deelnemer.

Noordekruin Kunstefees: 

  • 4 x A, 20 x A+ en 31 A++.

Kunswedstryd: 

  • 22 x A, 32 x A+, 35 x A++, 24 x kategoriewenners, 26 medaljes, 4 diplomas en 2 x afdelingswenners.

Optredes
  • Kunswedstryd.
  • Eisteddfod.
  • Noorderkruin.